I’m not sure where this originates from. A friend e-mailed it to me and I thought it worth posting. Thanks Dré.
TAALGEBRUIK IN DIE WERKSPLEK:
Dit het onder die aandag van Bestuur gekom dat sommige individue in die maatskappy vuil taal tydens normale gesprekvoering teenoor hul kollegas gebruik. Weens klagtes vanaf sekere werkers in die verband, sal die gebruik van hierdie tipe taal nie langer geduld word nie. Ons besef egter die noodsaaklikheid daarvan om in staat te wees om akkurate menings teenoor kollegas te kan uitspreek. Die volgende nuwe en innoverende uitdrukkings word derhalwe aanbeveel ten einde gedagtes en inligting op ‘n effektiewe wyse te kan oordra:
- Voorstel: Ek dink addisionele opleiding sal waardevol vir jou wees.
In plaas van: Jy’t geen fokken idee wat jy doen nie. - Voorstel: Sy’s ‘n dinamiese werknemer.
In plaas van: Sy’s ‘n hardegat-teef. - Voorstel: Ek kan moontlik oortyd werk.
In plaas van: En wanneer de fok dink jy moet ek dit doen? - Voorstel: Ek is oortuig daarvan dis nie lewensvatbaar nie.
In plaas van: Daar’s nie ‘n fokken manier nie! - Voorstel: Werklik?
In plaas van: Moenie kak praat nie! - Voorstel: Die probleem sal beslis aandag ontvang.
In plaas van: Vertel dit vir iemand wat ‘n fok omgee! - Voorstel: Ek was nie by die projek betrokke nie.
In plaas van: Dis nie my fokken probleem nie! - Voorstel: Dis interessant.
In plaas van: Wat de fok? - Voorstel: Ek is nie seker dat dit geïmlementeer kan word nie.
In plaas van: Hierdie kak sal nie werk nie. - Voorstel: Ek sal dit probeer skeduleer.
In plaas van: Hoekom de fokken hel het jy my nie vroeër gesê nie! - Voorstel: Hy’s nie vertroud met die aspekte nie.
In plaas van: Die idioot weet fokkol! - Voorstel: Verskoon my, meneer?
In plaas van: Ag fok jou! - Voorstel: So jy was nie gelukkig daarmee nie?
In plaas van: Jammer om van jou kak te hoor. - Voorstel: Ek is ‘n bietjie oorlaai op die oomblik
In plaas van: Fokkit, ek verdien ook maar net ‘n salaris! - Voorstel: Ek dink nie jy verstaan nie.
In plaas van: Druk dit in jou gat! - Voorstel: Ek’s mal oor ‘n uitdaging!
In plaas van: Dis ‘n kak job hierdie! - Voorstel: Wil jy hê dat ek dit uitsorteer?
In plaas van: Wie’s dood en het jou die fokken baas gemaak? - Voorstel: Hy’s ietwat onsensitief.
In plaas van: Hy’s ‘n doos.
Dankie vir u samewerking
Menslike Hulpbronne